“And blessed was she who believed that there would be a fulfillment of what was spoken to her from the Lord.”
Luke 1:45
Luke 1:45
Dominic Valery Thompson, vrou, mamma, entrepreneur, eienaar van Live.Life.Lean en Namaste-Marloth Park, voorkoms konsultant & stilis. Gematrikuleer aan die Hoërskool Dr Johan Jurgens in 2008 en is steeds woonagtig in die Oos-Rand.
Sy het naskool B.Ed Grondslagfase gaan studeer by die Universiteit van Potchefstroom, waarna sy 3 jaar skool gehou het, sy het daarna nagraads haar diploma in lees en spraak terapie voltooi in Witbank, MP – sy was dus terapeut by een van die heel eerste Tina Cowley Franchises, in Bedfordview, alles voordat sy die entrepreneurswêreld met altwee hande aangegryp het.
In 2013 is sy getroud aan haar eggenoot Wayne Thompson en in Oktober 2023, vier hulle, hul 10de huweliksherdenking. Sy is ‘n mamma vir Tristan (9), met talle balle in die lug waarvan die volgende haar geliefdkose passies insluit:
CEO en stigter van Live.Life.Lean – Lifestyle waar sy al vir die afgelope 8 jaar spesialiseer in gesondheidsleefwyses en afrigting. Sy het intussen 200+ werksgeleenthede geskep vir vroue regoor Suid-Afrika wat gesondheidsprodukte verskaf waarvan produkte, self geformuleerd is. Gesamentlik doen hul kwartaaliks liefdadigheidsprojekte wat veral kwessies oor vroue en meisies insluit.
Passievol oor vroue en die boodskap dat; JY genoeg is, omdat Hy so sê, sluit Dominic in 2020 aan by die South African Image Academy onder die hand van Mentor en dinamiese Aletté-Johanni Winckler. Sy voltooi haar diploma met Cum Laude en betree die buitewêreld met die volgende sillabus aan haar hand: Persoonlike Ontwikkeling, Styl, Kleur, Welstand, Etiket en vele meer.
Sy beoog om hierdie jaar voltyds aan Younic.Image te werk asook om ‘n sister-franchise, nl. Girl School te open, sodat sy haar passie vir vrouwees en wat dit alles behels met dié om haar kan deel. In haar vrye tyd skryf sy graag praatjies, blogs en hou sy daarvan om in die natuur te gaan stap, sy is vir die bewusmaking van geestesgesondheid, makeovers en kamp.
The Pocket Stylist is proud to announce a first of its kind! Meticulously created, professional, practical and state-of-the-art, this unique app designed for Image Consultants and their clients, is an official industry disruptor. No need for cumbersome website procedures, or having to remember an outdated style book and expensive colour swatch when you go shopping. As an image consultant, I can now confidently convey to my clients, “I’ve got an app for that!”
With every colour/style (or both) consultation, you will receive a token for the app!
I hope to add you here!
0
0
0